Posts

Villa Armgard ontvang vreemdelinge

Image
Julle het gewoond geraak aan die buitelanders wat via die Maatskappy vir Europese Immigrasie by ons aan huis gekom het om gespreks Engels te leer, maar nog planne om 'n vryskut-inkomste aan te vul, word "uitgedink".      In 1991 was hier net een "Backpackers" in Sentraal.  Ek het eendag die Direkteur van PE se Toerismevereniging hoor se daar is nie genoeg "budget" akkommodasie in die stad nie. Dit was tydens 'n vergadering om die stad bekend te stel aan 'n breer gehoor en net daar vertel ek van ons pienk! gastekamer.      Op 'n middag (16 Augustus) kry ek 'n oproep van die sekretaresse van die Toerismevereniging en sy vra of ons "klaar gedink" het oor inneem van jong rugsakreisigers. Totaal uit die veld geslaan se ek vir haar sy moet vir die jongman se om te wag ek sal hom kom haal....       Maar dit was ook om tyd te koop want ek het dit nog nie met Arie bespreek nie.  Na 'n vinnige oproep stem Arie - gasvrye mens wat...

Bad, knip en borsel ...

Image
Goeie ablusiegewoontes is klein-klein by julle tuisgebring.   Dit het so 'n gewoonte geword dat Arie of ek help en julle saam bad en tandeborsel dat ons op 'n gegewe oomblik besef het dat julle in staat is om dit self te kan doen.      Hoe dit ookal sy, dit was 'n ritueel. Al het saambad opgehou, dink ek dat die 2-minute tandeborsel regime saam met Arie soggens en saans vir 'n hele klompie jare aangehou het.      Beide ek en Arie het nie die dentale aandag in ons kleintyd gekry wat nodig was nie, dus het ons miskien oorreageer met julle.  Arie het gesorg dat hulle klokslag elke ses maande by dr. O C Pretorius se praktyk in Walmer aandoen.      Ek vertrou julle onthou daardie jare en die sorg wat aan julle monde gegee is en dat julle dit sal voortdra na die volgende generasie.   In julle Dagbreekjare wat daar 'n Duitse tandhigienikus wat gereeld die skool besoek het en dan lesings gehou het en borsels en pasta uitgede...

Die Wegners hou van partytjies

Image
Verjaardae was altyd groot pret. In Augustus 1988 word Emile 7 en Arie 43. Arie koop 'n rekenaar vir die huishouding op aandrang van Emile en die kry staanplek in Arie se kamer. Toestemming moes eers verkry word voordat Emile die rekenaar kon gebruik. Dit word gelaai met opvoedkundige programme en die Encarta ensiklopedie as ek reg onthou. Vir die verjaardae en aankoms van die rekenaar hou ons 'n spesiale fees en Marlene Spies, my kollega by die koerant en haar rekenaarkundige man Arno maak 'n rekenaarkoek en help met die voorbereiding van 'n lekker verjaardagmaal. Hierdie gebeurtenis is lank voordat ons kon droom dat ons Internet in Die Stofpaleis sou he.     Eon word 6 en hy aanvaar die pienk kerse op sy koek gelate. Ons huis se fasade is steeds pienk geverf  (duidelik te sien op foto saam met rekenaarkoek) Ons het moeite gemaak om vriende te onthaal                           ...

Eon word 'n Besige By

Image
In 1988 gaan Emile Sub. A toe.  Joan Morkel is sy juffrou.      Eon is so bly dat hy 'n Besige By kan word al is dit net twee oggende per week.      Die Bye verskuif na Dagbreek vanaf die Veremarksaal (want daar is planne en tenders uit vir die restourasie van die historiese gebou).   Dagbreek se getalle neem af en daar is genoeg ruimte om die Bye te huisves. Lily Groenewald se Besige Bye. Marina Swart staan agter Eon en Melt Juta is links op die foto.                               Arie het vanaf die PE Munisipaliteit se Algemene Opleidingskantoor in Walmer na die Ingeneursafdeling in Hoofstraat verskuif.  Hy is naby die huis en gebruik sy motorfiets om te pendel. So kan hy 3 of 4 keer per week middagetes huistoe kom om die kinders se dag op te kikker.     My oggendwerk by die Express hou in die middel van die jaar op toe ek 'n voltydse aanst...

Drie kinders, drie skole!

Image
1991 Emile begin by St Georges Prep.   Hy is in St 2,  maar daar praat hulle van Form 2.      'n Gedeelte van die ST George's klas. Suvir Chetty (links van Emile) het 'n goeie vriend daardie jaar geword . Richard Buchanan (regs) was Emile se akademiese opponent.       Kia begin haar tweede, maar eerste amptelike pre-primere jaar by Greenwood, ook in Parkrylaan. Dis 'n aanpassing in die Engelse omgewing, maar sy voer dit braaf deur en die spraaklesse help/      Ati Narotam is haar maatjie van dag 1 af. 'n Gedeelte van Kia se klas    Mev. Davis was haar onderwyseres.   Eon moet "ver" reis na sy Sub. B-klas.  Hy gaan na Laerskool Setlaarspark in Walmer. Volgens Eon se geheue het hy van ongeveer St. 3 alleen op sy fiets skool toe gery - deur Targetkloof, somer en winter met die kort grys broekie (behalwe wanneer dit gereen of gestorm het)       Skielik word vervoer na skole 'n ande...

Nuwe dekade breek aan

Image
1990.   Nou is Emile in St 1 en Eon in sub A.             Die skool se pre-primere klas het kinders nodig en Kia (met helderpienk broek in die voorste ry) sluit aan hoewel sy nog nie 5 is nie. Therina Pienaar is die onderwyseres.      Ons hou 'n reuse kermis op die Dagbreek terrein. Die geld word aangewend om die pre-primere fasilitiet op te gradeer. Terselfdertyd promoveer ons die idee om die skool dubbelmedium te maak en sodoende dit te "red". Een van die aktiwiteite! Groot fees by Dagbreek       Dit was 'n groot sukses, maar baie harde werk.   Ek onthou dat Arie en Pine geswoeg het met die logistiek en baie energie ingespan het op die dag van die fees. . Ons het snoek van die Boland bestel en dit in die MTR Kinderhuis (oorkant ons in die voormalige Huberta Steyl huis) se vrieskaste gebere het vir die kermis.   Groot vure is gemaak en Brenda het gehelp met die maak en braai van rooste...

Arie begin met sy ernstige Marathon "loopbaan"

Image
Fiksheid was Arie se wagwoord, deels omdat daar 'n hartdefek * in die Wegner-familie is en deels omdat hy daarvan gehou het om te draf / hardloop / jog ...     Gelukkig was Arie 'n "oggendmens" en was soms al teen dagbreek aan die oefen.   Hy het aan die Port Elizabeth Atletiekklub behoort en ook een of twee maal per week middagete by die Oval gaan oefen.  Ek glo Eon sal meer van Arie se hardlooplewe kan onthou want hy het tydens sy Newton Tech-dae ook saam  gaan hardloop en een jaar 'n trofee vir belowende juniorlid gekry.       Daar was heelwat Saterdagoggend-wedlope hier in Port Elizabeth en sover ek kan onthou tot by Port Alfred.        Ek dink sy eerste Comrades was toe Emile in sub A was (1988). Die juffrou  (Joan Morkel) en haar man het die aand by ons geeet voordat Arie op die bus sou klim Durban toe. Ek onthou dit omdat ons geskarrel het om sy buskaartjie tussen die bagasie te vind..     ...