Eon word 'n Besige By
In 1988 gaan Emile Sub. A toe. Joan Morkel is sy juffrou.
Eon is so bly dat hy 'n Besige By kan word al is dit net twee oggende per week.
Die Bye verskuif na Dagbreek vanaf die Veremarksaal (want daar is planne en tenders uit vir die restourasie van die historiese gebou). Dagbreek se getalle neem af en daar is genoeg ruimte om die Bye te huisves.
Arie het vanaf die PE Munisipaliteit se Algemene Opleidingskantoor in Walmer na die Ingeneursafdeling in Hoofstraat verskuif. Hy is naby die huis en gebruik sy motorfiets om te pendel. So kan hy 3 of 4 keer per week middagetes huistoe kom om die kinders se dag op te kikker.
My oggendwerk by die Express hou in die middel van die jaar op toe ek 'n voltydse aanstelling by die Oosterlig kry (Vroueredaktriese). Dit help dus dat Arie vir Brenda 'n breuk kan gee oor middagete want 3 kinders is 'n handvol om konstruktief besig te hou. Hy is sommige etenstye tyd ingeruim om hulle gou na St Georgespark toe te neem om op die klimapparaat en glyplank te speel.

![]() |
| Lily Groenewald se Besige Bye. Marina Swart staan agter Eon en Melt Juta is links op die foto. |
Arie het vanaf die PE Munisipaliteit se Algemene Opleidingskantoor in Walmer na die Ingeneursafdeling in Hoofstraat verskuif. Hy is naby die huis en gebruik sy motorfiets om te pendel. So kan hy 3 of 4 keer per week middagetes huistoe kom om die kinders se dag op te kikker.
My oggendwerk by die Express hou in die middel van die jaar op toe ek 'n voltydse aanstelling by die Oosterlig kry (Vroueredaktriese). Dit help dus dat Arie vir Brenda 'n breuk kan gee oor middagete want 3 kinders is 'n handvol om konstruktief besig te hou. Hy is sommige etenstye tyd ingeruim om hulle gou na St Georgespark toe te neem om op die klimapparaat en glyplank te speel.

Comments
Post a Comment