Drie kinders, drie skole!

1991

Emile begin by St Georges Prep.   Hy is in St 2,  maar daar praat hulle van Form 2. 


    'n Gedeelte van die ST George's klas. Suvir Chetty (links van Emile) het 'n goeie vriend daardie jaar geword . Richard Buchanan (regs) was Emile se akademiese opponent.

      Kia begin haar tweede, maar eerste amptelike pre-primere jaar by Greenwood, ook in Parkrylaan. Dis 'n aanpassing in die Engelse omgewing, maar sy voer dit braaf deur en die spraaklesse help/
     Ati Narotam is haar maatjie van dag 1 af.
'n Gedeelte van Kia se klas
   Mev. Davis was haar onderwyseres.

  Eon moet "ver" reis na sy Sub. B-klas.  Hy gaan na Laerskool Setlaarspark in Walmer.
Volgens Eon se geheue het hy van ongeveer St. 3 alleen op sy fiets skool toe gery - deur Targetkloof, somer en winter met die kort grys broekie (behalwe wanneer dit gereen of gestorm het)


      Skielik word vervoer na skole 'n ander logistiek. Dagbreek was om die draai, net 'n kort stappie en baie veilig.  Emile ry self skool toe op sy "padfiets".  Hy vertel dat hy onder die bome op die skoolterrein "geparkeer" het en dat die voels op die "handlebars geskyt het" en hy dan die guano sou "inkry" wat hom maagpyn gegee het.  Ek dink eerder dit is die soutkos wat etenstye bedien is.

    Ek en Pine het beurte gemaak om vir Simon en Eon te vervoer in sy B, 1 en 2 jare. Op goeie dae stap ek saam met Kia Greenwood toe of ouma se rooi Datsun word ingespan,.



      





Comments

Popular posts from this blog

Ons probeer 'n skool red!

Nuwe dekade breek aan

Ons vier 'n eerste verjaardag