Emile word 'n skoolkind
Dagbreek-laerskool is net om die draai en Emile sluit aan by die pre-primere klas. Hy sosialiseer maklik en hou van die klassies. Emile se juffrou is Amanda Norval. Dit is haar eerste pos en sy is vol energie en idees. Sy is baie vindingryk en ek en Arie word by aktiwiteite ingetrek. Emile se eerste dag in pre-primer! Van die dag toe Emile dokter speel, het ek 'n mooi foto deur 'n PE Express fotograaf geneem, In die tyd was ek verantwoordelik vir die inhoud van die kinderbladsy, die Lollipop Express. Emile saam met Keri-Ann en Monique - Mei 1987 In 'n verslag skryf Amanda dat Emile 'n stil seuntjie is maar aandagtig luister en wanneer sy 'n vraag vra, hy duidelik antwoord. Hy het glo ook baie go...