Emile word 'n skoolkind

Dagbreek-laerskool is net om die draai en Emile sluit aan by die pre-primere klas.
        Hy sosialiseer maklik en hou van die klassies.        Emile se juffrou is Amanda Norval. Dit is haar eerste pos en sy is vol energie en idees.  Sy is baie vindingryk en ek en Arie word by aktiwiteite ingetrek.
Emile se eerste dag in pre-primer!

        Van die dag toe Emile  dokter speel, het ek 'n mooi foto deur 'n PE Express fotograaf geneem,  In die tyd was ek verantwoordelik vir die inhoud van die kinderbladsy, die Lollipop Express.

                                            Emile saam met Keri-Ann en Monique - Mei 1987

     In 'n verslag skryf Amanda dat Emile 'n stil seuntjie is maar aandagtig luister en wanneer sy 'n vraag vra, hy duidelik antwoord.   Hy het glo ook baie goeie tafelmaniere!

    Sedert Emile se pre-primere jaar begin ons om leerkragte uit te nooi vir tee of 'n maaltyd by ons aan huis.   Op die manier het ons baie geheg geraak aan Amanda Norval. Sy het haar verloofde Heinrich Muller saamgebring.

    Dit is in hierdie jaar dat ons bewus gemaak word van die geskiedenis van ons woonbuurt asook die breer stadsomgewing.   Nic Maritz, dosent in Argitektuur aan die UPE, stig 'n tak van die Stigting Simon van der Stel wat op gebouebewaring konsentreer.

     Ek en Arie sluit aan en ons klein groepie trek veglustig weg om die geboue-erfenis te bewaar.  In die bewusmakingsproses gaan ons op baie uitstappies en besoeke aan geskiedkundige geboue.  Ons kinders doen mee.   Of dit heelhartig was kan ek nie se nie maar daar is nie eintlik wal gegooi nie.

My vriendin Cecile Hendriks se seun (regs) wys vir die 3 Wegners hoe perdemis lyk op hulle kleinhoewe naby Seaview.. Dus leer hulle  van daardie jaar af meer as net van geboue-erfenis.                  

                         

Comments

Popular posts from this blog

Ons probeer 'n skool red!

Nuwe dekade breek aan

Ons vier 'n eerste verjaardag