Erf 2218, Sentraal
In Augustus 1981 kry ons 'n baba, Rinus Emile, en koop 'n huis aan die 'verkeerde kant van Sentraal'. Erf 2218. Hoewel die tuin uiters verbeeldingloos voorkom, trek ons in met groot drome ... Ons het 'n hegte band met Arie se oom Rinus (Marinus Wegner) in Nederland en dink nie twee maal om Emile na hom te vernoem nie. Opa Karel, die amptelike/genetiese grootvader, is al vele kere vernoem, so niemand kik of mik hieroor nie. Oma Carolien het voor die verhuising kom kuier Ouma Gerty het haar bes gedoen om die gesin te help met nuwe baba en nuwe vesting Ouma Gerty was bekommerd. R44 000 is darem baie geld vir 'n huis in 'ou buurt'. Dan lek die sentrale geut tussen die twee nokke ook nog erg, daar is 'n gat in die houtvloer in die badkamer en die agtertuin is 'n woesterny. Arie was ook katvoet, want dis die "verkeerde kant" van Sentraal, maar hy is in vervoering oor die twee kaggels en die ruimte! Ons ...