Posts

Showing posts with the label Strangers Location

Eens op 'n tyd was die buurt Strangers Location

Image
Hierdie inskrywing is die eerste van 'n "blog"reeks oor die grootwordhuis van my kinders Emile, Eon en Kia... Sou jy teen die einde van die 19de eeu in die nou bekende Richmond Hill rondgeloop het, was dit moontlik  'n toneeltjie wat jy sou aantref ... (Foto uit Argief van NMBM) Lank, lank gelede, vanaf ongeveer *1855 , dit wil se heelwat jare voor die die Anglo-Boereoorlog, het ons buurt bekend gestaan as Strangers Location (daar is ook na die woongebied as Fingo Location verwys). Naby die Oval (wat toe 'n vleigebied was) was daar nog "lokasies": Cooper's Kloof, Reservoir Location en Gubb's Location (rigting Mill Park).      Die grond het aan die London Missionary Society behoort. Baie van die inwoners het om die Wesliaanse Methodistekerk, later bekend as die Edwards Memorial Church, gebly. Die kerk is na die eerste predikant Roger Edwards vernoem. Die Londonse Sendingorganisasie het ook gesorg vir skoling van die kinders en jongm...