Eens op 'n tyd was die buurt Strangers Location
Hierdie inskrywing is die eerste van 'n "blog"reeks oor die
grootwordhuis van my kinders Emile, Eon en Kia...
Lank, lank gelede, vanaf ongeveer *1855, dit wil se heelwat jare voor die die Anglo-Boereoorlog, het ons buurt bekend gestaan as Strangers Location (daar is ook na die woongebied as Fingo Location verwys). Naby die Oval (wat toe 'n vleigebied was) was daar nog "lokasies": Cooper's Kloof, Reservoir Location en Gubb's Location (rigting Mill Park).
Die grond het aan die London Missionary Society behoort. Baie van die inwoners het om die Wesliaanse Methodistekerk, later bekend as die Edwards Memorial Church, gebly. Die kerk is na die eerste predikant Roger Edwards vernoem. Die Londonse Sendingorganisasie het ook gesorg vir skoling van die kinders en jongmense. Die Fingo mans het, soos ek verstaan, op die hawe, of liewer die strandgebied, gewerk. Dit was die tyd toe bote nog nie kon vasmeer nie en mense en goedere moes in mandjies van die skepe af gedra word. Blykbaar het die Fingo mans die spierkrag gehad vir hierdie werk.
Wat vandag bekend staan as Richmondpark, was die Fingo begraafplaas. In 2010 wou die Polisie 'n noodstasie oprig vir die sokkerwereldbeker. Die uitgrawings word gestaak toe daar op menslike bene afgekom is
.
Die historiese Russellweg-begraafplaas het in die laat 19de eu aan drie denominasies behoort: Die "Congregational", die Methodiste en die Rooms-Katolieke. Die grafte is oor die jare gevandaliseer, maar is een graf wat steeds onderhou word. Dit is die van James Henry Dalton, 'n ontvanger van die Victoria Cross vir sy aandeel in die Rorkesdrif veldslag.
"In 1897 an arrangement was negotiated whereby they agreed to move to another mutually acceptable plot. The outbreak of war postponed any moves until 1902, when the Natives Reserve Location Bill was passed.
"A very primitive tub system was in use until around 1900 in Port Elizabeth and the "slop-water"was simply tossed into the street. In March 1901, nature delivered a wake up call with an outbreak of typhoid.
Die situasie het chaos veroorsaak en 950 van die shanties is vernietig. In die town proper is 350 huise vernietig. Pespasse is uitgereik en inwoners kon nie die stad verlaat voordat hulle inge-ent is nie. Die Munisipaliteit se Mediese Beampte was dr. J A Gregory.
'n Lang geskiedenis volg hierna en die mense is in New Brighton en Korsten hervestig. Baie van hulle na die bekende geskiedkundige Red Location.
Die Forresters was 'n organisasie waar lede kon geld spaar want dit was voor die tyd van spaarbanke en bouverenigings, aldus Margaret Harradine. In Engels, 'n Mutual Benefit Society.
Langsaan bou ene mnr, Waldeck 'n huis in 1907 en noem dit Villa Armgard (Hierdie bouer was ook verantwoordelik vir die stalle en ander buitegeboue van Knockfiernia - die huidige St George's Prep skool in Parkrylaan).
Die huis, nommer 6, vernoem na sy vrou Armgard, word 74 jaar later die woning waarin julle almal grootgeword het...
grootwordhuis van my kinders Emile, Eon en Kia...
![]() |
Sou jy teen die einde van die 19de eeu in die nou bekende Richmond Hill rondgeloop het,
|
Lank, lank gelede, vanaf ongeveer *1855, dit wil se heelwat jare voor die die Anglo-Boereoorlog, het ons buurt bekend gestaan as Strangers Location (daar is ook na die woongebied as Fingo Location verwys). Naby die Oval (wat toe 'n vleigebied was) was daar nog "lokasies": Cooper's Kloof, Reservoir Location en Gubb's Location (rigting Mill Park).
Die grond het aan die London Missionary Society behoort. Baie van die inwoners het om die Wesliaanse Methodistekerk, later bekend as die Edwards Memorial Church, gebly. Die kerk is na die eerste predikant Roger Edwards vernoem. Die Londonse Sendingorganisasie het ook gesorg vir skoling van die kinders en jongmense. Die Fingo mans het, soos ek verstaan, op die hawe, of liewer die strandgebied, gewerk. Dit was die tyd toe bote nog nie kon vasmeer nie en mense en goedere moes in mandjies van die skepe af gedra word. Blykbaar het die Fingo mans die spierkrag gehad vir hierdie werk.
Wat vandag bekend staan as Richmondpark, was die Fingo begraafplaas. In 2010 wou die Polisie 'n noodstasie oprig vir die sokkerwereldbeker. Die uitgrawings word gestaak toe daar op menslike bene afgekom is
.
Die historiese Russellweg-begraafplaas het in die laat 19de eu aan drie denominasies behoort: Die "Congregational", die Methodiste en die Rooms-Katolieke. Die grafte is oor die jare gevandaliseer, maar is een graf wat steeds onderhou word. Dit is die van James Henry Dalton, 'n ontvanger van die Victoria Cross vir sy aandeel in die Rorkesdrif veldslag.
Maar hoe en hoekom verlaat hulle die buurt?
In The Herald van 30 Junie 2005, skryf Ivor Markman, "As early as 1883, the Council had been empowered to by Parliament to move black people to new sites and compensate them for their houses."In 1897 an arrangement was negotiated whereby they agreed to move to another mutually acceptable plot. The outbreak of war postponed any moves until 1902, when the Natives Reserve Location Bill was passed.
"A very primitive tub system was in use until around 1900 in Port Elizabeth and the "slop-water"was simply tossed into the street. In March 1901, nature delivered a wake up call with an outbreak of typhoid.
Builepes (Bulbonic plague) breek ook uit:
Markman vervolg: "Rewards for killing rats were raised from 3 pence to a sixpence to destroy every rat. They also undertook to pull down and utterly destroy the numerous filthy and unhealthy shanties that were too common in our midst."Die situasie het chaos veroorsaak en 950 van die shanties is vernietig. In die town proper is 350 huise vernietig. Pespasse is uitgereik en inwoners kon nie die stad verlaat voordat hulle inge-ent is nie. Die Munisipaliteit se Mediese Beampte was dr. J A Gregory.
'n Lang geskiedenis volg hierna en die mense is in New Brighton en Korsten hervestig. Baie van hulle na die bekende geskiedkundige Red Location.
Kortliks vir julle inligting:
Vanaf 1904 is hier blykbaar erwe beskikbaar gemaak en wat ek in my navorsing saam met Margaret Harradine, destydse Africanabibliotekaresse, kan agterkom is dat die Ancient Order of Forresters se saal op die hoek van Edward en Campbellstrate, die eerste nuwe gebou / permanente struktuur op die voorheen suidelike grens van Strangers Location was.Die Forresters was 'n organisasie waar lede kon geld spaar want dit was voor die tyd van spaarbanke en bouverenigings, aldus Margaret Harradine. In Engels, 'n Mutual Benefit Society.
Langsaan bou ene mnr, Waldeck 'n huis in 1907 en noem dit Villa Armgard (Hierdie bouer was ook verantwoordelik vir die stalle en ander buitegeboue van Knockfiernia - die huidige St George's Prep skool in Parkrylaan).
Die huis, nommer 6, vernoem na sy vrou Armgard, word 74 jaar later die woning waarin julle almal grootgeword het...
![]() |
Hierdie historiese foto het ek op die blog Port Elizabeth of Yore gevind maar dit is ook in Karel Schoeman se boek FACE OF A COUNTRY (Human & Rousseau, 1996) gepubliseer en die fotograaf vermeld as I L Drege, (1875)
^^^^^^^^
Wat het elders in SA in 1907 gebeur?
Peter Joyce se Suid- Afrika in die 20ste eeu, noem interessante feite. Hy sonder Mohandas Gandhi, die Indese stryder, se lydelike verset uit asook selfregering vir die Boerekolonies. Baden-Powell begin die Boy Scout beweging en Jock of the Bushveld deur Sir Percy Fitzpatrick word gepubliseer.
^^^^^^^^^
... en op die wereldfront ...
Op mediese front is daar groot wereld-deurbrake gemaak, bv. die gebruik van bloedoortappings en chemoterapie in Duitsland.
Kyk na hoogtepunte by http://www.fsmitha.com/time/1907.htm
*1855 7 June, Governor Sir George Gray grants land at the top of Hyman’s Kloof for the establishment of a “Stranger's Location where Hottentots, Fingos, (Xhosa) and other strangers visiting Port Elizabeth may temporarily reside”. Following the Land War of 1851 Mfengu were allowed to settle in the Colony and therefore did not require passes. A number of these moved to Port Elizabeth where they found work on the beach landing and loading cargo onto and from surf boats, work which had previously been performed by Khoi. The resultant wages were usually set aside for the purchase of cattle.
bron: Port Elizabeth timeline by sahistory.org.za

Comments
Post a Comment