Bad, knip en borsel ...
Goeie ablusiegewoontes is klein-klein by julle tuisgebring. Dit het so 'n gewoonte geword dat Arie of ek help en julle saam bad en tandeborsel dat ons op 'n gegewe oomblik besef het dat julle in staat is om dit self te kan doen.
Hoe dit ookal sy, dit was 'n ritueel. Al het saambad opgehou, dink ek dat die 2-minute tandeborsel regime saam met Arie soggens en saans vir 'n hele klompie jare aangehou het.
Beide ek en Arie het nie die dentale aandag in ons kleintyd gekry wat nodig was nie, dus het ons miskien oorreageer met julle. Arie het gesorg dat hulle klokslag elke ses maande by dr. O C Pretorius se praktyk in Walmer aandoen. Ek vertrou julle onthou daardie jare en die sorg wat aan julle monde gegee is en dat julle dit sal voortdra na die volgende generasie.
In julle Dagbreekjare wat daar 'n Duitse tandhigienikus wat gereeld die skool besoek het en dan lesings gehou het en borsels en pasta uitgedeel het. Ons het haar "die tandevrou" genoem. Herta was haar voornaam.
Hier is 'n paar fotos om julle te herinner...

Die haarstyl-instandhouding was my verantwoordelikheid en vir vele jare het ons dit die "gryp-en-knip" of "hap-en-kap" styl genoem. Toe julle baie klein was het ek kans gesien om dit tydens badtyd te doen. Later natuurlik meer gefokus en julle laat stilsit. Baie kere het die aksie met baie teenstand plaasgevind. Julle sal dit elkeen op julle eie manier onthou!

Comments
Post a Comment