Die Wegners hou van partytjies
Verjaardae was altyd groot pret.
In Augustus 1988 word Emile 7 en Arie 43. Arie koop 'n rekenaar vir die huishouding op aandrang van Emile en die kry staanplek in Arie se kamer. Toestemming moes eers verkry word voordat Emile die rekenaar kon gebruik. Dit word gelaai met opvoedkundige programme en die Encarta ensiklopedie as ek reg onthou.
Vir die verjaardae en aankoms van die rekenaar hou ons 'n spesiale fees en Marlene Spies, my kollega by die koerant en haar rekenaarkundige man Arno maak 'n rekenaarkoek en help met die voorbereiding van 'n lekker verjaardagmaal.
Hierdie gebeurtenis is lank voordat ons kon droom dat ons Internet in Die Stofpaleis sou he.
![]() |
| Eon word 6 en hy aanvaar die pienk kerse op sy koek gelate. Ons huis se fasade is steeds pienk geverf (duidelik te sien op foto saam met rekenaarkoek) |
Ons het moeite gemaak om vriende te onthaal
(en hoede het altyd groot rol gespeel!)
Esta Swart met haar omgekeerde vrugtemandjiehoed
Arie se visvanghoed opgetooi!
November 1985. My kleinniggie Martie Kruger, nou Venter,
voltooi onderwysdiploma en word deur vriendinne onthaal...
met opgedoiliede akademiese toga
Eon se derde verjaardag
Kia is 1!
Ek dink dit was 'n viering vir ouma. Daar is baie (vet) kerse op die koek!
Ons vriende van die Faroe eilande, Kristian-Martin en Jonalisa Rasmussen
by Eon se 7de verjaardag


Comments
Post a Comment