Villa Armgard ontvang vreemdelinge

Julle het gewoond geraak aan die buitelanders wat via die Maatskappy vir Europese Immigrasie by ons aan huis gekom het om gespreks Engels te leer, maar nog planne om 'n vryskut-inkomste aan te vul, word "uitgedink".
     In 1991 was hier net een "Backpackers" in Sentraal.  Ek het eendag die Direkteur van PE se Toerismevereniging hoor se daar is nie genoeg "budget" akkommodasie in die stad nie. Dit was tydens 'n vergadering om die stad bekend te stel aan 'n breer gehoor en net daar vertel ek van ons pienk! gastekamer. 

    Op 'n middag (16 Augustus) kry ek 'n oproep van die sekretaresse van die Toerismevereniging en sy vra of ons "klaar gedink" het oor inneem van jong rugsakreisigers. Totaal uit die veld geslaan se ek vir haar sy moet vir die jongman se om te wag ek sal hom kom haal....  
    Maar dit was ook om tyd te koop want ek het dit nog nie met Arie bespreek nie.  Na 'n vinnige oproep stem Arie - gasvrye mens wat hy was - in en ek bring vir Mark Hopley van Coventry huistoe vir aandete, bed en ontbyt. 
   Dit was 'n positiewe ervaring vir die hele gesin en toe Mark weg is vra julle wanneer ons volgende gas kom.
   Hierdie is 'n deel van die eerste bladsy van ons gasteboek:


 


                                                           ----------------------
Op die politieke front:

Die begin van die 90's was tegelyk 'n opwindende maar beklemmende tyd in die SA politiek. Tog het ons steeds buitelandse toeriste gekry en PE in besonder wou meer mense trek.

Die ANC is in 1990 ontban en Nelson Mandela het in Februarie toe Eon 7 geword het, vry uit die gevangenis geloop.  Die volgende jaar het KODESA begin en in Maart 1992 is ek, Arie en ouma stembus to (by Geref Kerk, Adcockvale) om JA te stem sodat die hervormingsproses kan voortgaan.

In 1993 word Chris Hani vermoor. Dieselfde jaar kry Mandela en De Klerk die Nobelprys vir Vrede... en omtrent hierdie tyd begin (wit?) gesinne om kos soos eekhorings te stoor.  Die kas in my kamer se boonste deel word ons geheime spens.



Comments

Popular posts from this blog

Ons probeer 'n skool red!

Nuwe dekade breek aan

Ons vier 'n eerste verjaardag