Posts

Showing posts from September, 2017

Drie kinders, drie skole!

Image
1991 Emile begin by St Georges Prep.   Hy is in St 2,  maar daar praat hulle van Form 2.      'n Gedeelte van die ST George's klas. Suvir Chetty (links van Emile) het 'n goeie vriend daardie jaar geword . Richard Buchanan (regs) was Emile se akademiese opponent.       Kia begin haar tweede, maar eerste amptelike pre-primere jaar by Greenwood, ook in Parkrylaan. Dis 'n aanpassing in die Engelse omgewing, maar sy voer dit braaf deur en die spraaklesse help/      Ati Narotam is haar maatjie van dag 1 af. 'n Gedeelte van Kia se klas    Mev. Davis was haar onderwyseres.   Eon moet "ver" reis na sy Sub. B-klas.  Hy gaan na Laerskool Setlaarspark in Walmer. Volgens Eon se geheue het hy van ongeveer St. 3 alleen op sy fiets skool toe gery - deur Targetkloof, somer en winter met die kort grys broekie (behalwe wanneer dit gereen of gestorm het)       Skielik word vervoer na skole 'n ande...

Nuwe dekade breek aan

Image
1990.   Nou is Emile in St 1 en Eon in sub A.             Die skool se pre-primere klas het kinders nodig en Kia (met helderpienk broek in die voorste ry) sluit aan hoewel sy nog nie 5 is nie. Therina Pienaar is die onderwyseres.      Ons hou 'n reuse kermis op die Dagbreek terrein. Die geld word aangewend om die pre-primere fasilitiet op te gradeer. Terselfdertyd promoveer ons die idee om die skool dubbelmedium te maak en sodoende dit te "red". Een van die aktiwiteite! Groot fees by Dagbreek       Dit was 'n groot sukses, maar baie harde werk.   Ek onthou dat Arie en Pine geswoeg het met die logistiek en baie energie ingespan het op die dag van die fees. . Ons het snoek van die Boland bestel en dit in die MTR Kinderhuis (oorkant ons in die voormalige Huberta Steyl huis) se vrieskaste gebere het vir die kermis.   Groot vure is gemaak en Brenda het gehelp met die maak en braai van rooste...

Arie begin met sy ernstige Marathon "loopbaan"

Image
Fiksheid was Arie se wagwoord, deels omdat daar 'n hartdefek * in die Wegner-familie is en deels omdat hy daarvan gehou het om te draf / hardloop / jog ...     Gelukkig was Arie 'n "oggendmens" en was soms al teen dagbreek aan die oefen.   Hy het aan die Port Elizabeth Atletiekklub behoort en ook een of twee maal per week middagete by die Oval gaan oefen.  Ek glo Eon sal meer van Arie se hardlooplewe kan onthou want hy het tydens sy Newton Tech-dae ook saam  gaan hardloop en een jaar 'n trofee vir belowende juniorlid gekry.       Daar was heelwat Saterdagoggend-wedlope hier in Port Elizabeth en sover ek kan onthou tot by Port Alfred.        Ek dink sy eerste Comrades was toe Emile in sub A was (1988). Die juffrou  (Joan Morkel) en haar man het die aand by ons geeet voordat Arie op die bus sou klim Durban toe. Ek onthou dit omdat ons geskarrel het om sy buskaartjie tussen die bagasie te vind..     ...

Ons probeer 'n skool red!

Image
1989:          Die getalle van Dagbreek neem jaarliks af.      Ek en Arie word beide op die Skool se Beheerraad verkies.  Ons moet planne beraam om die situasie om te draai.  Maar as die demografie van die gebied verander en mense met jong kinders verhuis Somerstrand of Westelike voorstede toe is dit nie maklik nie.     Ons buurt word een van ouer mense of van "jappies" wat huise koop en restoureer.  Daar is geen teken van kinders nie! Emile sit voor links     Emile gaan sub. B toe. Sy klasonderwyseres is juffrou Greyvenstein, Hy leer blokfluit speel by mev. Gaynor Nell.  Sy is baie geesdriftig oor musiek en is 'n kranige sangeres wat baie mense in die ligte musiekwereld ken.   So hou ons musiekaande vir die ouers. Met versnaperinge... maar dit verseker nie dat meer kinders vir die skool gewerf word nie!     Eon word opgeneem in Amanda Norval se pre-primere klas en geniet sko...

Die versamelgogga floreer!

Image
Die Weekend Post se ruilkolom is vir ons 'n groot bron van aankoop-plesier.   (Sedert ons dae VK, oftewel Voor Kinders al)     Nuwe "huisraad" en toebehore hou vir ons geen vreugde in nie.   So koop ons elke Saterdagoggend baie vroeg die Weekend Post en merk die interessante items in die ruilkolom (swops). Dan is dit 'n geskarrel om die verkopers te bel (landlyn natuurlik), afsprake te maak  en rigtingwysers te kry.        Soms daag mens - met kinders in tou - net te laat op vir die pragtige antieke muurrakkie of tuinimpliment.  Maar in baie gevalle kom ons tuis met 'n "trofee" waarvan ons die prys tot in lengte van dae onthou wanneer dit 'n winskoop was.   Van ons mislukkings probeer ons gou vergeet.     Daar was ook vir 'n lang tyd 'n ruilkolom op Afrikaanse radio. Ek onthou dat Fonnie du Plooy dit vir 'n lang tyd aangebied het:  Iets vir Iets.  Daar het ons ook etlike suksesse gehad. ...

Emile word 'n skoolkind

Image
Dagbreek-laerskool is net om die draai en Emile sluit aan by die pre-primere klas.         Hy sosialiseer maklik en hou van die klassies.        Emile se juffrou is Amanda Norval. Dit is haar eerste pos en sy is vol energie en idees.  Sy is baie vindingryk en ek en Arie word by aktiwiteite ingetrek. Emile se eerste dag in pre-primer!         Van die dag toe Emile  dokter speel, het ek 'n mooi foto deur 'n PE Express fotograaf geneem,  In die tyd was ek verantwoordelik vir die inhoud van die kinderbladsy, die Lollipop Express.                                             Emile saam met Keri-Ann en Monique - Mei 1987      In 'n verslag skryf Amanda dat Emile 'n stil seuntjie is maar aandagtig luister en wanneer sy 'n vraag vra, hy duidelik antwoord.   Hy het glo ook baie go...

1986 begin op 'n slegte noot

Image
Ons maak ons buitekamer beskikbaar vir 'n gesin wat op straat woon.... eintlik 'n sleg situasie vir die kleurlingvrou en haar twee dogtertjies wat verwese voor ons deur kom staan het. Haar man is verhoorafwagtend vir diefstal in St Albans-gevangenis.     Ek onthou hoe ons met die Cressida gery het om sy borg te gaan betaal. Op die stadium het ons ook 'n gesin veerpoothoenders wat in die agterplaas woon. Die haan moes in toom gehou word onder 'n groot kartondoos sodat hy nie in die oggende te vroeg die buurt wakkerkraai nie. ' n Vrolike toneeltjie op die wipplank wat ouma vir ons gekoop het. Ongelukkig het die dogtertjie, tweede van regs, saam met haar gesin die  bacterium Mycobacterium   in ons  huiskring gebring wat my in die hospitaal laat beland het.                                   As ek nou daaraan terugdink dan voel dit vir my soos 'n lang en onrustige dr...