1986 begin op 'n slegte noot
Ons maak ons buitekamer beskikbaar vir 'n gesin wat op straat woon.... eintlik 'n sleg situasie vir die kleurlingvrou en haar twee dogtertjies wat verwese voor ons deur kom staan het. Haar man is verhoorafwagtend vir diefstal in St Albans-gevangenis.
Ek onthou hoe ons met die Cressida gery het om sy borg te gaan betaal. Op die stadium het ons ook 'n gesin veerpoothoenders wat in die agterplaas woon. Die haan moes in toom gehou word onder 'n groot kartondoos sodat hy nie in die oggende te vroeg die buurt wakkerkraai nie.
As ek nou daaraan terugdink dan voel dit vir my soos 'n lang en onrustige droom wat naglank duur ... Dinge werk net nie uit nie want die kos wat ons aanbied staan die man nie aan nie. Hy wil geld he sodat hy sy eie voorkeurkos in Stanleystraat kan gaan koop. Arie sien die ramp aankom en ons kry vir hulle plek in Korsten.
Maar 'n aaklige kiem het agtergebly. Ek beland een nag in Greenacres hospitaal nadat ek voor my slaapkamerdeur in ons gang neergesak het. Arie het sy algemene praktisyn tuis geskakel . Sy was die dierbare dr.Joan Dewar, toe al in haar sewentigs. Na een kyk het sy vir Arie gese om 'n noodtassie te pak en ek is saam in haar sportmotor na die Trauma-afdeling van die hospitaal toe.
Die volgende dag is ek oorgeplaas Provinsiaal toe (in die Tagtigs nog 'n goeie fasiliteit) en dr.Luke Krige word my spesialis want die X-straalplate wys donker plekke op my longe.
TB is 'n voorlopige diagnose en Arie, die span kindertjies, Brenda en Ouma Gerty moet almal radioloog toe en bloedtoetse ondergaan.
Dit was vir my 'n reuse skok en wanneer Arie die kinders bring om my te besoek was ek net te afgemat om vrolik voor te kom. Wat ek so helder onthou is hoedat Kia op my bed sitgemaak word en ek haar probeer vashou. Wanneer hulle weggaan het ek die Here gevra om my te spaar sodat ek my kinders groot kon sien.
Alle lof aan Hom wat my na meer as 31 jaar die voorreg gun om hulle "groot" te beleef. Net so jammer dat Arie dit nie met my kan deel nie.

Arie en Kia en die veerpoot-egpaar - 'n paar dae voordat ek in die hospitaal opgeneem is.

Comments
Post a Comment