Ons probeer 'n skool red!


1989:          Die getalle van Dagbreek neem jaarliks af.

     Ek en Arie word beide op die Skool se Beheerraad verkies.  Ons moet planne beraam om die situasie om te draai.  Maar as die demografie van die gebied verander en mense met jong kinders verhuis Somerstrand of Westelike voorstede toe is dit nie maklik nie.
    Ons buurt word een van ouer mense of van "jappies" wat huise koop en restoureer.  Daar is geen teken van kinders nie!
Emile sit voor links

    Emile gaan sub. B toe. Sy klasonderwyseres is juffrou Greyvenstein, Hy leer blokfluit speel by mev. Gaynor Nell.  Sy is baie geesdriftig oor musiek en is 'n kranige sangeres wat baie mense in die ligte musiekwereld ken.   So hou ons musiekaande vir die ouers. Met versnaperinge... maar dit verseker nie dat meer kinders vir die skool gewerf word nie!

    Eon word opgeneem in Amanda Norval se pre-primere klas en geniet skool want hy ken die juffrou. Hy is net baie teruggetrokke, maar neem aan alle aktiwiteite deel.

   Gelukkig kry Therina Pienaar 'n pos by die skool en Simon is in die sub-A klas. So word Pine Pienaar by skooldinge betrek en Simon en Eon word groot maats.

Ons stig 'n karate-klub by die skool met Chris Mance as afrigter (Hy was ook fotograaf by Die Oosterlig)
Hier ontvang Emile en maats hulle geel gordels en sertifikate van mnr. Van der Westhuizen, skoolhoof

Eon aan die einde van pre-primere loopbaan!

Die speelapparaat wat ouers op die skoolterrein aangebring het

Comments

Popular posts from this blog

Nuwe dekade breek aan

Ons vier 'n eerste verjaardag