Posts

Showing posts from June, 2017

Eon word 1 en die boeties is groot maats

Image
Dis 1984 en die twee seuntjies ontwikkel by die dag.     Ons vier Eon se eerste verjaardag in Februarie. Hy wend nog geen poging aan om te loop nie, maar dit pla regtig nie, want kruip-kruip ontdek hy sy omgewing en pluk kaste oop en speel met panne en Tupperware.  So raak hy ontslae van sy babavetjies. Eon se Smartie-fase. Ouma het die koek gebak en Emile het help versier.     Arie het intussen by die Bouindustrie-federasie (BIFSA)  aangesluit as opleidingskoordineerder in die Oos-Kaap. Dit het beteken dat hy dikwels van die huis af weg was.     Omdat hy veel moes reis, het dit beteken dat ons nog 'n motor moes aanskaf en op die manier kom die Cressida in ons lewens (in 2011 het ek die motor verkoop).   Dit was 'n gesinsmotor duisend!     Ek het 'n paar leerlinge wat Afrikaans neem en doen nou en dan 'n koerantstorie vir die PE Express en Oosterlig.         Die treinlokomotief  wat vir 'n ui...

Ons skink koffie op die Hollandse manier

Image
My mede-gasvrou, Heinie de Wet Reklame vir die Hollandse koffiepartye Na die sukses van ons Engelse teepartye, kan daar nie stilgesit word nie.     Die Hollandse vroue in ons gemeente stem dat ons die kantgordyne en Edwardiaanse nostalgie wegpak. Dit word summier vervang met rooi-en-wit geruite gordyne en nekdoeke  / serpies uit die Kinderdijkof Zaanse Schans en sulke tradisionele plekke in die Waterland.   Ons maak Boerebont servies (die breekware in die Stofpaleis se kombuis) bymekaar en in 'n japtrap adverteer ons die gesellighede.    Arie is hoogs in sy skik en ons kafeestyl-inrigting word sommer kommerloos gedoen.  Daarby hou ons ook 'n uitstalling van memorablia wat o a Koninklike herdenkingstukke insluit.  Daar was nog nooit soveel windmeulens in ons huis nie.                                             ...

Villa Armgard trek 'n Britse baadjie aan

Image
Die Gereformeerde Kerk se Sustersvereniging vra lede vir maniere waarop daar geld vir die toerus van Moederskamerfasiliteite ingesamel kan word.     Saam met Arie praat ons oor die moontlikheid van 'n reeks Engelse teepartye met 'n Edwardiaanse geur. Ek roep die susters bymekaar en gee hulle 'n voorsmakie oor wat ons kan aanbied.  Dit geval tot die stoerste van koeksister en pannekoek-tantes.    Met Arie se kundigheid en spierkrag word die leefruimte kafeestyl ingerig nadat tafels en stoele uit alle oorde geleen en aangery is.  Ons eie sitkamermeubels word by die bure gestoor.  (dit was jare voordat ons die groot eettafel gekoop het)     'n Spyskaart wat deesdae tradisionaliste lippe sal laat aflek word saamgestel en die komitee en bygeskraapte vrywilligers kry opdragte vir aankoop en bak tot in die fynste detail.   Met koerant en radioreklame verkoop ons kaartjies vir byna al die sittings.     Ons hou dit vir twee we...

In 1983 kry ons 'n tweede baba

Image
Eon Gerrit word op 24 Februarie gebore. Op ons 5de troudagherdenking, en ook in die Sanford-kraaminrigting van die Provinsiale Hospitaal (privaathospitale met kraamfasiliteite het eers teen ongeveer 1986 posgevat).    Gerrit is Arie se tweede naam en hiermee verwys ons ook na my Gertruida naam en my pa se eerste doopnaam, Gert. Eon is afgelei van die Grieks/Latynse woord Aeon, want ons wens hom 'n lang lewe toe (Aeons of time ...).    Arie kry toestemming om die kamera in die kraamkamer te bring en neem fotos van die proses.  Dit is op skyfies wat erens in die Stofpaleis bewaar word.   Ons dominee (Jan-At Kruger) is so opgetrek met die idee van fotos dat hy vra om hulle drie kinders te kom onderrig oor geboorte. So gebeur dit dan ook.    Twee kinders is harde werk en dit beteken min slaap.  Arie neem 'n gewigtige besluit. Hy stel voor dat hy die "aandskof" aandurf en ek die "nagskof" doen.  Dit beteken dat ek my slaap tot so tot na...

Ons vier 'n eerste verjaardag

Image
Ons vriend Pierre Jordaan, 'n argitektuurstudent, maak hierdie kaartjie vir Emile se eerste verjaardag. Saam daarmee kom 'n reuse mobiel met son, maan, wolke en sterre Vriend Brenton  Schnetler (8) saam met Emile Groot opwinding toe Emile 1 jaar oud word. Ek kan gladnie onthou hoeveel tande hy toe al gehad het nie (wel dat hy die eerste twee ondertante op 6 maande gekry het).    Ouma koop vir hom 'n paar sagte blou skoentjies by PEP of Ackermans en so wrintiewaar... hy begin op daardie dag in die agtertuin loop.  Om-die-draai-bure Brenton en Astrid het vir hom 'n sjokoladekoek gemaak en hy is in sy noppies. Lexie bied haar geskenk aan, maar Emile is in vervoering oor die versiersuiker op sy vingers            Op 25 Augustus word die steeds-woesterny agtertuin 'n feestuin. Ek is drie maande swanger met ons volgende baba.                       Vroeer die ja...

1982 in Edwardstraat

Image
Arie het op 2 Januarie by die Departement van Arbeid begin  werk.     Toe die eerste  skoolkwartaal begin, val ek weer in by Gelvandale Senior Sekondere skool. Net tydelik want ek wil ook semi-voltyds 'n tuisbly-ma wees (gewigtige konsep). Elke oggend word Emile  by ouma in Derdelaan, Newtonpark afgelaai. Smiddae gaan haal ek hom en wanneer Arie tuiskom maak ons beurte om oor ons seuntjie te waak sodat elkeen 'n effense nagrus kan kry.     Brenda Ndongeni kom in ons lewens via vriendin Tinie Malan. So kom sy een maal per week as huishulp werk toe ons in Cuylerstraat bly. Algaande maak sy haar los van ander dag-verpligtinge en vanaf ongeveer April het ons haar dienste twee dae per week.     Sy en Emile is baie erg oor mekaar en op die dae wat sy by ons werk kry ek kans om onderhoude te doen vir 'n Somerstrandse "freebee" koerant en later vir die voorloper van die Algoa Sun.  Ek begin ook Afrikaanse klasse in my studeerkamer (later Emil...

Erf 2218, Sentraal

Image
In Augustus 1981 kry ons 'n baba, Rinus Emile, en koop 'n huis aan die 'verkeerde kant van Sentraal'. Erf 2218.   Hoewel die tuin uiters verbeeldingloos voorkom, trek ons in met groot drome ...        Ons het 'n hegte band met Arie se oom Rinus (Marinus Wegner) in Nederland en dink nie twee maal om Emile na hom te vernoem nie. Opa Karel, die amptelike/genetiese grootvader, is al vele kere vernoem, so niemand kik of mik hieroor nie. Oma Carolien het voor die verhuising kom kuier Ouma Gerty het haar bes gedoen om die gesin te help met nuwe baba en nuwe vesting     Ouma Gerty was bekommerd.  R44 000 is darem baie geld vir 'n huis in 'ou buurt'. Dan lek die sentrale geut tussen die twee nokke ook nog erg, daar is 'n gat in die houtvloer in die badkamer en die agtertuin is 'n woesterny.    Arie was ook katvoet, want dis die "verkeerde kant" van Sentraal, maar hy is in vervoering oor die twee kaggels en die ruimte! Ons ...