Ons skink koffie op die Hollandse manier
My mede-gasvrou, Heinie de Wet
Reklame vir die Hollandse koffiepartye
Na die sukses van ons Engelse teepartye, kan daar nie stilgesit word nie. Die Hollandse vroue in ons gemeente stem dat ons die kantgordyne en Edwardiaanse nostalgie wegpak. Dit word summier vervang met rooi-en-wit geruite gordyne en nekdoeke / serpies uit die Kinderdijkof Zaanse Schans en sulke tradisionele plekke in die Waterland.
Ons maak Boerebont servies (die breekware in die Stofpaleis se kombuis) bymekaar en in 'n japtrap adverteer ons die gesellighede. Arie is hoogs in sy skik en ons kafeestyl-inrigting word sommer kommerloos gedoen. Daarby hou ons ook 'n uitstalling van memorablia wat o a Koninklike herdenkingstukke insluit. Daar was nog nooit soveel windmeulens in ons huis nie.
Bep Jorna bak oliebolle![]() |
| Eon was die jongste gas by die Hollandse partytjies |
Ester Kruger, die predikant se dogter.
Emile saam met Riaan Kruger, predikantseun.Wanneer die gaste vertrek het, is njormale huisroetine ons voorland... Hier help Emile vir Arie met Eon se bad





Comments
Post a Comment