In 1983 kry ons 'n tweede baba
Eon Gerrit word op 24 Februarie gebore. Op ons 5de troudagherdenking, en ook in die Sanford-kraaminrigting van die Provinsiale Hospitaal (privaathospitale met kraamfasiliteite het eers teen ongeveer 1986 posgevat).
Gerrit is Arie se tweede naam en hiermee verwys ons ook na my Gertruida naam en my pa se eerste doopnaam, Gert. Eon is afgelei van die Grieks/Latynse woord Aeon, want ons wens hom 'n lang lewe toe (Aeons of time ...).
Arie kry toestemming om die kamera in die kraamkamer te bring en neem fotos van die proses. Dit is op skyfies wat erens in die Stofpaleis bewaar word. Ons dominee (Jan-At Kruger) is so opgetrek met die idee van fotos dat hy vra om hulle drie kinders te kom onderrig oor geboorte. So gebeur dit dan ook.
Twee kinders is harde werk en dit beteken min slaap. Arie neem 'n gewigtige besluit. Hy stel voor dat hy die "aandskof" aandurf en ek die "nagskof" doen. Dit beteken dat ek my slaap tot so tot na middernag kan inkry. Arie verhuis gedeeltelik na die middelste slaapkamer aan die linkerkant van die huis. Die kinderkamer is langs syne maar die kindertjies slaap sommer saam in my kamer tydens my skof.

Emile kies self wanneer hy sy eie ding wil doen. Een van die aktiwiteite wat hom lank kon besig hou, was sy sandhoop.
Daar is nou twee boude wat doeke - lapdoeke - moet kry en die emmers met "Sterinappy" kry plek in die badkamer. Weggooidoeke word net vir "uitgaan" gebruik.
Die uitvryf en uitspoel van doeke is 'n ander verhaal maar ek onthou hoe ons klein AEG-wasmasjien (in 1980 gekoop) gewerk het. Die outydse wasgoedlyn wat ons saam met die huis ge-erf het, word geskiedenis en Arie sit 'n roterende waslyn op.
In daardie winter sukkel ons met die droogmaak van al die kinderwasgoed en koop 'n tuimeldroogmaker. Niemand het in die tagtigerjare amok gemaak oor asbestosverwarmers nie, dus het ons ook so een gehad wat met doeke en handdoeke gedrapeer is.

Motorfiets op die stoep! Emile en Eon se belangstellling het vroeg al begin

Brenda en Eon in die kombuis. Op die agtergrond is die blommetjies
muurpapier en die klap van ons ou gasstoof sigbaar.
Die manne op my ou ysterbed. Emile vertel iets vir Eon.
Eon wonder waar Emile daardie stokkielekker gekry het.

Emile kies self wanneer hy sy eie ding wil doen. Een van die aktiwiteite wat hom lank kon besig hou, was sy sandhoop.
Daar is nou twee boude wat doeke - lapdoeke - moet kry en die emmers met "Sterinappy" kry plek in die badkamer. Weggooidoeke word net vir "uitgaan" gebruik.
Die uitvryf en uitspoel van doeke is 'n ander verhaal maar ek onthou hoe ons klein AEG-wasmasjien (in 1980 gekoop) gewerk het. Die outydse wasgoedlyn wat ons saam met die huis ge-erf het, word geskiedenis en Arie sit 'n roterende waslyn op.
In daardie winter sukkel ons met die droogmaak van al die kinderwasgoed en koop 'n tuimeldroogmaker. Niemand het in die tagtigerjare amok gemaak oor asbestosverwarmers nie, dus het ons ook so een gehad wat met doeke en handdoeke gedrapeer is.
Emile word in Augustus 2... My het Ouma gevra vir 'n motorkoek.
(Eon nog te klein om aan tafel te sit)
Laat in 1983 - Emile geniet sy geel skopmotorfiets en Eon kyk sittende (en droom van die dag wat hy so mobiel sal kan wees.

Motorfiets op die stoep! Emile en Eon se belangstellling het vroeg al begin
Emile is al 'n groot hulp toe Eon sy opwagting maak.

Comments
Post a Comment