1982 in Edwardstraat
Arie het op 2 Januarie by die Departement van Arbeid begin werk.
Toe die eerste skoolkwartaal begin, val ek weer in by Gelvandale Senior Sekondere skool. Net tydelik want ek wil ook semi-voltyds 'n tuisbly-ma wees (gewigtige konsep). Elke oggend word Emile by ouma in Derdelaan, Newtonpark afgelaai. Smiddae gaan haal ek hom en wanneer Arie tuiskom maak ons beurte om oor ons seuntjie te waak sodat elkeen 'n effense nagrus kan kry.
Brenda Ndongeni kom in ons lewens via vriendin Tinie Malan. So kom sy een maal per week as huishulp werk toe ons in Cuylerstraat bly. Algaande maak sy haar los van ander dag-verpligtinge en vanaf ongeveer April het ons haar dienste twee dae per week.
Sy en Emile is baie erg oor mekaar en op die dae wat sy by ons werk kry ek kans om onderhoude te doen vir 'n Somerstrandse "freebee" koerant en later vir die voorloper van die Algoa Sun. Ek begin ook Afrikaanse klasse in my studeerkamer (later Emile se slaapkamer) aanbied.
My getroue Volksie word verkoop en ons kry 'n tweedehandse Citroen stasiewa. 'n Witte. Ek onthou daardie motor so goed... gedurig 'n kwaal gehad en ons baie geld gekos.
Tussen geld verdien en baba grootmaak, probeer ons aan die huis werk. Iets wat die langste op die agenda is, is sekerlik die muurpapier in die voorportaal. Ons wou dit aftrek, maar nou kan ek my nie Die Stofpaleis daarsonder voorstel nie.

![]() |
| Brenda en Emile saam met buurmeisie Alexandra (Lexie) van nommer 12 (Cleone Cull en haar seuns het in ongeveer 1986 daar ingetrek) |
My getroue Volksie word verkoop en ons kry 'n tweedehandse Citroen stasiewa. 'n Witte. Ek onthou daardie motor so goed... gedurig 'n kwaal gehad en ons baie geld gekos.
Tussen geld verdien en baba grootmaak, probeer ons aan die huis werk. Iets wat die langste op die agenda is, is sekerlik die muurpapier in die voorportaal. Ons wou dit aftrek, maar nou kan ek my nie Die Stofpaleis daarsonder voorstel nie.
Afspraak met babasuster... Die ma lyk bekommerd, maar die kindjie vaar goed ...
Die kliniek was in die saal van die Congregational-kerk in Rosestraat en ons het met die stootwa soontoe gegaan.
Vriendin Elda Nolte kom kuier uit Stellenbosch.
Ons buurt was so rustig. Let op die meubels en plante op die stoep.
![]() |
| "Ek hoor julle het nog 'n baba bestel..." |

Dis so 'n heerlike vertelling, Trudie, ek geniet dit werklik - en beny die vriendinne die voorreg om onder die tafel te kon slaap!
ReplyDelete