Villa Armgard trek 'n Britse baadjie aan
Die Gereformeerde Kerk se Sustersvereniging vra lede vir maniere waarop daar geld vir die toerus van Moederskamerfasiliteite ingesamel kan word.
Saam met Arie praat ons oor die moontlikheid van 'n reeks Engelse teepartye met 'n Edwardiaanse geur. Ek roep die susters bymekaar en gee hulle 'n voorsmakie oor wat ons kan aanbied. Dit geval tot die stoerste van koeksister en pannekoek-tantes.
Met Arie se kundigheid en spierkrag word die leefruimte kafeestyl ingerig nadat tafels en stoele uit alle oorde geleen en aangery is. Ons eie sitkamermeubels word by die bure gestoor. (dit was jare voordat ons die groot eettafel gekoop het)
'n Spyskaart wat deesdae tradisionaliste lippe sal laat aflek word saamgestel en die komitee en bygeskraapte vrywilligers kry opdragte vir aankoop en bak tot in die fynste detail. Met koerant en radioreklame verkoop ons kaartjies vir byna al die sittings.
Ons hou dit vir twee weke in die oggende en smiddae. Twintig geleenthede wat op geoliede ratte loop. Komiteelede en vrywilligers en gaste wat kom en gaan en Eon is 'n baba en Emile 'n peuter.
Saam met Arie praat ons oor die moontlikheid van 'n reeks Engelse teepartye met 'n Edwardiaanse geur. Ek roep die susters bymekaar en gee hulle 'n voorsmakie oor wat ons kan aanbied. Dit geval tot die stoerste van koeksister en pannekoek-tantes.
Met Arie se kundigheid en spierkrag word die leefruimte kafeestyl ingerig nadat tafels en stoele uit alle oorde geleen en aangery is. Ons eie sitkamermeubels word by die bure gestoor. (dit was jare voordat ons die groot eettafel gekoop het)
'n Spyskaart wat deesdae tradisionaliste lippe sal laat aflek word saamgestel en die komitee en bygeskraapte vrywilligers kry opdragte vir aankoop en bak tot in die fynste detail. Met koerant en radioreklame verkoop ons kaartjies vir byna al die sittings.
Ouma Gerty teken die gasteboek. Sy was in haar noppies met ons inisiatief.
Kia se huidige slaapkamer was toe ook 'n spaarkamer en daar het ons 'n
klere en porseleinuitstalling "aanmekaar geslaan" vir die gaste. Gerda Coetzee staan
in die middel en langs my is Flip Potgieter.
Ons buurvrou Idonia Gouws skink tee vir Sarie Maritz.
argitektuurdosent by UPE
Kathy en Marie - kelnerinne uit 'n vorige era
Emile - ons jongste gas. Pas 25 maande oud.
Hy plaas sy bestelling by Anjo Mullenders
Na die geleenthede, mis ek en Arie die "buzz" en besluit om ook Hollandse koffie
geleenthede te fasiliteer.... Dit vervolg in volgende bloginskrywing...

Comments
Post a Comment