Ons vier 'n eerste verjaardag
![]() |
| Ons vriend Pierre Jordaan, 'n argitektuurstudent, maak hierdie kaartjie vir Emile se eerste verjaardag. Saam daarmee kom 'n reuse mobiel met son, maan, wolke en sterre |
![]() |
| Vriend Brenton Schnetler (8) saam met Emile |
Ouma koop vir hom 'n paar sagte blou skoentjies by PEP of Ackermans en so wrintiewaar... hy begin op daardie dag in die agtertuin loop. Om-die-draai-bure Brenton en Astrid het vir hom 'n sjokoladekoek gemaak en hy is in sy noppies.
![]() |
| Lexie bied haar geskenk aan, maar Emile is in vervoering oor die versiersuiker op sy vingers |
Vroeer die jaar reis ons per motor na die Natalse suidkus waar Opa Karel en Oma Carolien afgetree het. Arie se broer Ad en sy vrou Rosemary (Nana) woon ook in Scotborough. Emile ontmoet sy niggie Karen en nefie Riaan vir die eerste keer.
In die 80's was die Ciskei en Transkei tuislandgebiede en moes motoriste by paspoortkontroles stop. Ek onthou nog goed hoe dit gereen het by een van die poste en dat Arie die beamptes gevra het om sy vrou en baba in die motor kon bly. Dit is egter nie toegelaat nie en ons het gaan toustaan met die kosbare baba onder kombersies en sambreel.




Comments
Post a Comment