Eon word 1 en die boeties is groot maats
Dis 1984 en die twee seuntjies ontwikkel by die dag.
Ons vier Eon se eerste verjaardag in Februarie. Hy wend nog geen poging aan om te loop nie, maar dit pla regtig nie, want kruip-kruip ontdek hy sy omgewing en pluk kaste oop en speel met panne en Tupperware. So raak hy ontslae van sy babavetjies.
Arie het intussen by die Bouindustrie-federasie (BIFSA) aangesluit as opleidingskoordineerder
in die Oos-Kaap. Dit het beteken dat hy dikwels van die huis af weg was.
Omdat hy veel moes reis, het dit beteken dat ons nog 'n motor moes aanskaf en op die manier kom die Cressida in ons lewens (in 2011 het ek die motor verkoop). Dit was 'n gesinsmotor duisend!
Ek het 'n paar leerlinge wat Afrikaans neem en doen nou en dan 'n koerantstorie vir die PE Express en Oosterlig.
Die treinlokomotief wat vir 'n uitstalling by OK Basaars in Hoofstraat (nou Govan
Mbeki) gebruik was, word via die uitstalkunstenaar aan ons geskenk. Dit het vir ure se lekkerspeel gesorg. Kia het ook nog plesier daarvan gehad.

Eon se Smartie-fase. Ouma het die koek gebak en Emile het help versier.
Arie het intussen by die Bouindustrie-federasie (BIFSA) aangesluit as opleidingskoordineerder
in die Oos-Kaap. Dit het beteken dat hy dikwels van die huis af weg was.
Omdat hy veel moes reis, het dit beteken dat ons nog 'n motor moes aanskaf en op die manier kom die Cressida in ons lewens (in 2011 het ek die motor verkoop). Dit was 'n gesinsmotor duisend!
Ek het 'n paar leerlinge wat Afrikaans neem en doen nou en dan 'n koerantstorie vir die PE Express en Oosterlig.
Die treinlokomotief wat vir 'n uitstalling by OK Basaars in Hoofstraat (nou Govan
Mbeki) gebruik was, word via die uitstalkunstenaar aan ons geskenk. Dit het vir ure se lekkerspeel gesorg. Kia het ook nog plesier daarvan gehad.
Hennie Bekker, Oosterlig-fotograaf het hierdie vrolike foto geneem.

Comments
Post a Comment