Posts

Motorfietse!

Image
Klein-klein het elkeen van julle onder Arie se leiding begin motorfietsry.    Die Dagbreek-skoolveld was die ideale oefenpek. Julle sal baie beter as ek weet hoe dit met die "opleiding" gegaan het en wanneer elk van julle 'n eie motorfiets bekom het en wanneer julle amptelik in verkeer begin ry het.      Vir Arie het die opwinding van motorfietsr eers regtig vlamgevat toe hy in ongeveer 1990/1 'n BMW gekoop het.  Die foto onder is geneem net nadat hy dit in ontvangs geneem het. Op 'n stadium het ons 'n skrywe ontvang van 'n jong Rus wat Afrikaans geleer het waar hy in Swede gewoon het ( moet erg staatmaak op my geheue hier!)   So kom hy toe vir 'n paar dae by ons aan huis in die vroee 90's.   Arie ry met hom 'n draai en hy word summier koerantkos.  Sy valhelm is spesiaal vir die nuusfotograaf afgehaal. Onder:  Een van Arie se laaste ritte was met Oma Lien wat na haar 90'ste verjaardag by ons kom kuier het...

Na 36 jaar lyk dit so

Life in Edward Street in 2017.                                                                    Short contribution for local   newsletter: The Greek philosopher Heraclitus of Ephesus (circa 500 BC) said the “only thing that is constant is change”.      After 36 years living in a 110-year old house in Edward Street, I can vouch for it. When we moved in I was a relatively young mother. Now I am a widow and grandmother. When we bought the property in 1981 the asking price was R44 000. My late mother said it was a “lot of money”. Presently, the quote for 50% of a new roof equals that amount.    The young plane tree in f...

Villa Armgard ontvang vreemdelinge

Image
Julle het gewoond geraak aan die buitelanders wat via die Maatskappy vir Europese Immigrasie by ons aan huis gekom het om gespreks Engels te leer, maar nog planne om 'n vryskut-inkomste aan te vul, word "uitgedink".      In 1991 was hier net een "Backpackers" in Sentraal.  Ek het eendag die Direkteur van PE se Toerismevereniging hoor se daar is nie genoeg "budget" akkommodasie in die stad nie. Dit was tydens 'n vergadering om die stad bekend te stel aan 'n breer gehoor en net daar vertel ek van ons pienk! gastekamer.      Op 'n middag (16 Augustus) kry ek 'n oproep van die sekretaresse van die Toerismevereniging en sy vra of ons "klaar gedink" het oor inneem van jong rugsakreisigers. Totaal uit die veld geslaan se ek vir haar sy moet vir die jongman se om te wag ek sal hom kom haal....       Maar dit was ook om tyd te koop want ek het dit nog nie met Arie bespreek nie.  Na 'n vinnige oproep stem Arie - gasvrye mens wat...

Bad, knip en borsel ...

Image
Goeie ablusiegewoontes is klein-klein by julle tuisgebring.   Dit het so 'n gewoonte geword dat Arie of ek help en julle saam bad en tandeborsel dat ons op 'n gegewe oomblik besef het dat julle in staat is om dit self te kan doen.      Hoe dit ookal sy, dit was 'n ritueel. Al het saambad opgehou, dink ek dat die 2-minute tandeborsel regime saam met Arie soggens en saans vir 'n hele klompie jare aangehou het.      Beide ek en Arie het nie die dentale aandag in ons kleintyd gekry wat nodig was nie, dus het ons miskien oorreageer met julle.  Arie het gesorg dat hulle klokslag elke ses maande by dr. O C Pretorius se praktyk in Walmer aandoen.      Ek vertrou julle onthou daardie jare en die sorg wat aan julle monde gegee is en dat julle dit sal voortdra na die volgende generasie.   In julle Dagbreekjare wat daar 'n Duitse tandhigienikus wat gereeld die skool besoek het en dan lesings gehou het en borsels en pasta uitgede...

Die Wegners hou van partytjies

Image
Verjaardae was altyd groot pret. In Augustus 1988 word Emile 7 en Arie 43. Arie koop 'n rekenaar vir die huishouding op aandrang van Emile en die kry staanplek in Arie se kamer. Toestemming moes eers verkry word voordat Emile die rekenaar kon gebruik. Dit word gelaai met opvoedkundige programme en die Encarta ensiklopedie as ek reg onthou. Vir die verjaardae en aankoms van die rekenaar hou ons 'n spesiale fees en Marlene Spies, my kollega by die koerant en haar rekenaarkundige man Arno maak 'n rekenaarkoek en help met die voorbereiding van 'n lekker verjaardagmaal. Hierdie gebeurtenis is lank voordat ons kon droom dat ons Internet in Die Stofpaleis sou he.     Eon word 6 en hy aanvaar die pienk kerse op sy koek gelate. Ons huis se fasade is steeds pienk geverf  (duidelik te sien op foto saam met rekenaarkoek) Ons het moeite gemaak om vriende te onthaal                           ...

Eon word 'n Besige By

Image
In 1988 gaan Emile Sub. A toe.  Joan Morkel is sy juffrou.      Eon is so bly dat hy 'n Besige By kan word al is dit net twee oggende per week.      Die Bye verskuif na Dagbreek vanaf die Veremarksaal (want daar is planne en tenders uit vir die restourasie van die historiese gebou).   Dagbreek se getalle neem af en daar is genoeg ruimte om die Bye te huisves. Lily Groenewald se Besige Bye. Marina Swart staan agter Eon en Melt Juta is links op die foto.                               Arie het vanaf die PE Munisipaliteit se Algemene Opleidingskantoor in Walmer na die Ingeneursafdeling in Hoofstraat verskuif.  Hy is naby die huis en gebruik sy motorfiets om te pendel. So kan hy 3 of 4 keer per week middagetes huistoe kom om die kinders se dag op te kikker.     My oggendwerk by die Express hou in die middel van die jaar op toe ek 'n voltydse aanst...

Drie kinders, drie skole!

Image
1991 Emile begin by St Georges Prep.   Hy is in St 2,  maar daar praat hulle van Form 2.      'n Gedeelte van die ST George's klas. Suvir Chetty (links van Emile) het 'n goeie vriend daardie jaar geword . Richard Buchanan (regs) was Emile se akademiese opponent.       Kia begin haar tweede, maar eerste amptelike pre-primere jaar by Greenwood, ook in Parkrylaan. Dis 'n aanpassing in die Engelse omgewing, maar sy voer dit braaf deur en die spraaklesse help/      Ati Narotam is haar maatjie van dag 1 af. 'n Gedeelte van Kia se klas    Mev. Davis was haar onderwyseres.   Eon moet "ver" reis na sy Sub. B-klas.  Hy gaan na Laerskool Setlaarspark in Walmer. Volgens Eon se geheue het hy van ongeveer St. 3 alleen op sy fiets skool toe gery - deur Targetkloof, somer en winter met die kort grys broekie (behalwe wanneer dit gereen of gestorm het)       Skielik word vervoer na skole 'n ande...