Villa Armgard ontvang vreemdelinge
Julle het gewoond geraak aan die buitelanders wat via die Maatskappy vir Europese Immigrasie by ons aan huis gekom het om gespreks Engels te leer, maar nog planne om 'n vryskut-inkomste aan te vul, word "uitgedink". In 1991 was hier net een "Backpackers" in Sentraal. Ek het eendag die Direkteur van PE se Toerismevereniging hoor se daar is nie genoeg "budget" akkommodasie in die stad nie. Dit was tydens 'n vergadering om die stad bekend te stel aan 'n breer gehoor en net daar vertel ek van ons pienk! gastekamer. Op 'n middag (16 Augustus) kry ek 'n oproep van die sekretaresse van die Toerismevereniging en sy vra of ons "klaar gedink" het oor inneem van jong rugsakreisigers. Totaal uit die veld geslaan se ek vir haar sy moet vir die jongman se om te wag ek sal hom kom haal.... Maar dit was ook om tyd te koop want ek het dit nog nie met Arie bespreek nie. Na 'n vinnige oproep stem Arie - gasvrye mens wat...