Kia arriveer op 2 April 1985 en Emile word 4 in Augustus

                                     Dagoudkind - foto deur Oosterlig fotograaf

My uitroepteken-kind meld 'n dag na Aprilgekkedag aan.  Soos Emile en Eon, gee sy ook haar eerste skree in die Sandford-kraamhospitaal in Mount Croix.


           Reg om huistoe te gaan... Villa Armgard toe!

    Die trauma voor en rondom Kia se geboorte is bekend aan my binnekring dus plaas ek nie die detail in die kuberruim nie.








   Haar naam het later 'n lekker vertelstorie geword.   Voordat ek vir Arie geken het, het ek geweet dat as 'n dogter my beskore is, ek haar Saskia sou noem (na die eerste vrou van Rembrandt van Rhijn). Vir Arie was die eerste lettergreep "te hard" vir so'n sagte dogtertjie.   Toe kap ons die Sas af en voeg die naam van die meisie vir wie Arie die liefste in sy jonkmansjare was, by: Louise.

   Kia-Louise was haar naam totdat sy in ongeveer 1990 gevra het dat ons die koppelteken amptelik laat verwyder.  Arie het by die Dept van Binnelandse Sake aan die versoek voldoen.


   In vergelyking met haar broers was Kia 'n rustige baba.  Ek het steeds by die PE Express gewerk, maar op 'n meer " permanente " halfdag-basis.  Teen die tyd het Brenda Ndongeni voltyds by ons gewerk.
    Ouma Gerty het haar "nuwe" kombuis in Sherlockstraat goedgekeur en so het sy begin om ons koekieblikke vol te hou.
    Sy was ook altyd gewillig om oppasser vir drie klein woelige kindertjies te speel wanneer ek en Arie 'n aandfunksie moes bywoon.

  Ek en Arie het ons hande vol met die 3 kinders, maar probeer aandag aan almal se spesiale dae gee.   Emile versoek 'n seerowerpartytjie vir sy4de verjaardag.  


Eon staan direk agter Emile en Brenton Schnetler is hartelik uitgenooi om die klein seuntjies besig te hou.  (kry nie foto van die seerowerkoek nie.... dws as daar ooit een was!)   Jeremy Randall sit langs Emile en William en Melt Juta is ook op die foto.



       In Sept/Okt kry Emile die geleentheid om die kerse op Jeremy se koek dood te blaas!


                            Einde 1985: Kia kuier by Melt Juta. Karlien Swart sit regs



Lekker saam met Arie!  (kan iemand help met regsdraai asb)

Comments

Popular posts from this blog

Ons probeer 'n skool red!

Nuwe dekade breek aan

Ons vier 'n eerste verjaardag