Posts

Showing posts from August, 2017

Kia arriveer op 2 April 1985 en Emile word 4 in Augustus

Image
                                     Dagoudkind - foto deur Oosterlig fotograaf My uitroepteken-kind meld 'n dag na Aprilgekkedag aan.  Soos Emile en Eon, gee sy ook haar eerste skree in die Sandford-kraamhospitaal in Mount Croix.            Reg om huistoe te gaan... Villa Armgard toe!     Die trauma voor en rondom Kia se geboorte is bekend aan my binnekring dus plaas ek nie die detail in die kuberruim nie.    Haar naam het later 'n lekker vertelstorie geword.   Voordat ek vir Arie geken het, het ek geweet dat as 'n dogter my beskore is, ek haar Saskia sou noem (na die eerste vrou van Rembrandt van Rhijn). Vir Arie was die eerste lettergreep "te hard" vir so'n sagte dogtertjie.   Toe kap ons die Sas af en voeg die naam van die meisie vir wie Arie die liefste in sy jonkmansjare was, by: Louise.   ...

1985 - jaar van diverse dinge!

Image
Dit was 'n besige jaar!      Ons Stofpaleis het steeds baie lap-en-stopwerk nodig, maar Arie maak van die geleentheid gebruik om Sherlockstraat 2 te koop sodat ouma Gerty "nie meer vir die Jood" huurgeld hoef te betaal nie, maar 'n maandelikse bydrae kan maak sodat ons die bouvereniginglening kan afbetaal. Eon en Emile help!      En was daar nou baie werk... Ouma Gerty se eerste besoek daar toe dit nog so 'n verwaarloosde donker, vuil huisie was, was:  "In hierdie kombuis sal ek nooit 'n koek kan bak nie".      Maar ons het skouer aan die wiel gesit en mure uitgebreek, gepleister, gemuurpapier en voor die einde van Maart kon sy intrek.  Arie het self die verhuising vanaf Newtonpark hanteer. In 'n gehuurde vragmotor met byna geen hulp nie.      Dit is van die verste onthou vir Emile wat toe ongeveer 3.5 jaar oud was... daardie lorrie in Kaapweg en iets kleins wat afval en breek ...   (ek dink dit was my...