Emile word 3
Augustus 1984. Op drie gebeur daar baie dinge in 'n kleuter se lewe en dan kan jy beveel watter soort koek jou ma en ouma moet bak en versier!
Ons het 'n tafel en stoeltjies by die Blindevereniging gaan koop sodat Emile lekker kon onthaal.
Hy het self die muiskos by sy muiskoek uitgepak. (Wat dink Jana in 2017 van al die suiker?)
Ons het 'n tafel en stoeltjies by die Blindevereniging gaan koop sodat Emile lekker kon onthaal.
Hy het self die muiskos by sy muiskoek uitgepak. (Wat dink Jana in 2017 van al die suiker?)
Emile blaas behendig die drie kerse dood,.
Emile het saam met ouma Gerty fietswinkel toe gegaan (Newtonpark)
om die blou fietsie uit te soek.
Gladys Kay het ook vir Emile kom gelukwens.
Sy was die eienares van ons Sherlock-huisie en ons het reeds in Aug met haar begin
onderhandel oor die koop van die huis.
Ons was reeds goed bewus van sy dominante linkerhand.
Kyk die konsentrasie
Emile help om die teels skoon te skrop.
Dit kom oorspronklik van Grey Junior se dak af, maar nou dek dit die oppervlakte van ons kantstoep.
In Desember kom die Leonhardt-gesin by ons kuier.
Ons het in 1979 onderdak by hulle in London gehad toe ons op ons werkende
wittebroodsreis in Engeland aangedoen het.
Hier is ek ongeveer 5 maande swanger met Kia





Comments
Post a Comment