Posts

Showing posts from July, 2017

Emile word 3

Image
Augustus 1984.   Op drie gebeur daar baie dinge in 'n kleuter se lewe en  dan kan jy beveel watter soort koek jou ma en ouma moet bak en versier!         Ons het 'n tafel en stoeltjies by die Blindevereniging gaan koop sodat Emile lekker kon onthaal. Hy het self die muiskos by sy muiskoek uitgepak.   (Wat dink Jana in 2017 van al die suiker?) Emile blaas behendig die drie kerse dood,. Emile het saam met ouma Gerty fietswinkel toe gegaan (Newtonpark) om die blou fietsie uit te soek. Gladys Kay het ook vir  Emile kom gelukwens. Sy was die eienares van ons Sherlock-huisie en ons het reeds in Aug met haar begin  onderhandel oor die koop van die huis. Ons was reeds goed bewus van sy dominante linkerhand.  Kyk die konsentrasie Emile help om die teels skoon te skrop.  Dit kom oorspronklik van Grey Junior se dak af, maar nou dek dit die oppervlakte van ons kantstoep. In Desember kom die Leonhardt-gesi...