Motorfietse!
Klein-klein het elkeen van julle onder Arie se leiding begin motorfietsry. Die Dagbreek-skoolveld was die ideale oefenpek. Julle sal baie beter as ek weet hoe dit met die "opleiding" gegaan het en wanneer elk van julle 'n eie motorfiets bekom het en wanneer julle amptelik in verkeer begin ry het. Vir Arie het die opwinding van motorfietsr eers regtig vlamgevat toe hy in ongeveer 1990/1 'n BMW gekoop het. Die foto onder is geneem net nadat hy dit in ontvangs geneem het. Op 'n stadium het ons 'n skrywe ontvang van 'n jong Rus wat Afrikaans geleer het waar hy in Swede gewoon het ( moet erg staatmaak op my geheue hier!) So kom hy toe vir 'n paar dae by ons aan huis in die vroee 90's. Arie ry met hom 'n draai en hy word summier koerantkos. Sy valhelm is spesiaal vir die nuusfotograaf afgehaal. Onder: Een van Arie se laaste ritte was met Oma Lien wat na haar 90'ste verjaardag by ons kom kuier het...