Arie se Nederlandse voorouers
Beide Opa Karel en Oma Carolien het van Den Haag gekom in hulle 20's. Hier is hulle troufoto in Kaapstad. Ek het in Sept 2023 'n koevert fotos en dokumente van Oma uitgepak en Opa se SA pasboek en naturalisasie dokument gekry. Hy het in my geboortejaar SA burger geword. Dis 'n jaar na Arie se geboorte. Hier is Oma toe sy op die Rotterdamse hawe afskeid van haar 3 susters en swaer geneem het. 1935.